@lantic 7'S Moves To Western Cape

Die tiende toernooi van die @lantic 7's reeks vind Saterdag 27 Oktober plaas te Paarl Gim in Paarl. Die speler van die toernooi sal genooi word om 'n oefenkamp saam met die nasionale 7's span by te woon aan die einde van die jaar en sal ook 'n lid wees van 'n jeugspan wat aan die einde van November na Doebai toer.

Verlede naweek se toernooi in George is gewen deur Hoërskool Outenqua. Enrico Ackers van Hoërskool Outeniqua is as speler van die toernooi aangewys. Enrico het SWD as skrumskakel verteenwoordig by die Cravenweek vanjaar.

Saterdag se eerste wedstryd skop om 08:00 af met die uitspeel-wedstryde wat om 13:00 begin.

Die deelnemende spanne Saterdag is: Paarl Gim, Paulus Joubert, Strand, Paul Roos, HJS, Drostdy, Gordon HS, Schoonspruit, Bergrivier, Tygerbergklub, Brackenfell, Klein Nederburg and Lagunya

Die eerste nege wenners van die @lantic toernooie is:

Pretoria - Affies
Vereeniging - Monument
Upington - Upington Hoërskool
Durban - Sharks Akademie
Middelburg - Ermelo Hoërskool
Polokwane - Hoërskool Ben Vorster
Klerksdorp - Hoërskool Middelburg
Bloemfontein - Harmony Sports Academy
George - Hoërskool Outeniqua

Die spelers van die @lantic toernooie is:

Pretoria - Gerrit van den Heever (Affies)
Vereeniging - GD Kotzee (Volkskool Heidelberg)
Upington - Joubert Engelbrecht (HS Upington)
Durban - Brian Shabangu (Glenwood)
Middelburg - Abednego Mamushi (Middelburg Hoërskool)
Polokwane - Glen Mafumo (Hoërskool Ben Vorster)
Klerksdorp - Pierre Lombard (Hoërskool Waterkloof)
Bloemfontein - Hoffman Maritz ( Voortrekker Bethlehem)
George - Enrico Ackers (Hoërskool Outeniqua)

 
Copyright © @lantic. All Rights Reserved.