Affies bo in Sewestoernooi

Neil Meyer (@lantic MD) en Speler van die Toernooi Gerhard van den Heever

Pretoria. - Gerhard van den Heever van Affies is as die Speler van die Toernooi aangewys in die eerste toernooi van @lantic se nasionale sewes reeks vir skole wat gister by Overkruin gehou is.
Affies het met die louere weggestap deur die gasheer met met 40-19 in die eindstryd te klop.
Van den Heever sal saam met die nege ander spelers wat op soortgelyke wyse in die oorblywende toernooie in die reeks aangewys word, in November aan 'n internasionale toernooi in Dubai deelneem. Die speler word deur die nasionale sewesafrigter, Paul Treu, aangewys. True het ook Simphiwe Mhmkulu van Affies en De Wet Bergh van Garsfontein genooi om deel te wees van die groep.
Uitslae: Beker-eindstryd: Affies 40, Overkruin 19; Halfeind: Overkruin 24, Wonderboom 7; Affies 31, Oos-Moot 26.
Plaat-eindstryd: Garsfontein 19, Centurion 12;
Halfeind:
Centurion 17; John Voster12. Bowl-Eindstryd: Affies B24, Willow Ridge 0;
Halfeind: Willow Ridge 31, Dragons 14; Affies B27, F.H. Odendaal7.
Skild-eindstryd:
Montana 36, Pta Technical 12.

 
Copyright © @lantic. All Rights Reserved.